Welkom by my “blok,” Thumbsuckers“!
Die geestelike klimaat van die Afrikaanse samelewing het my genoeg ontstem om soos Judas ook “verplig [te] voel om julle aan te spoor om te stry vir die geloof wat een maal oorgelewer is aan dié wat God vir Hom afgesonder het. Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk die geledere van [die kerk] binnegedring het, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hierdie mense misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus.” (Judas 1:3-4)
Ek wil daarom graag hierdie webruimte gebruik vir die plasing van artikels en kommentaar op uitlatings, valse lerings en gebeure in ons Afrikaanse Christelike geloofsgemeenskap.
Die naam van my blog is “Thumbsuckers!” wat verwys na hierdie mense wat deur hul duimsuiery met allerande onbybelse opmerkings en lerings, niksvermoedende hoorders en lesers mislei en verlei om die geopenbaarde wil van God ongehoorsaam te wees.
Let asseblief daarop dat die menings en standpunte my eie persoonlike menings en standpunte is. Moet dit asseblief nie verbind aan enige organisasie of kerkinstansie waarmee ek geassosieer is nie.
Soos enige mens is ek ook feilbaar en wil ek geensinds voorgee dat ek alle kennis in pag het nie. Daarom behou ek die reg om van standpunt te verander en is enige leser welkom om my standpunte uit te daag. Indien u gelei voel om enige van my uitlatings Skriftuurlik te weerlê, moet u dit gerus doen.
U is ook welkom om my enige vrae te vra. Ek sal, sover dit in my vermoë strek en met die nodige tyd tot my beskikking, graag daarop reageer. Ek maak egter geen verskoning daarvoor dat ek slegs die Bybel as onfeilbare en gesaghebbende inligtingsbron gebruik nie. “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk” (2 Tim. 3:16-17).
2 responses so far ↓
johannes_11 // Junie 14, 2007 at 12:33 nm
Sam
Ek het nadat ek die radio uitsendings van Family Radio ongeveer 3 en half jaar gelede op die AM 1197khz frekwensie in die Kaap die eerste keer gehoor het tot die besef gekom dat God met die “kerke en kerkstrukture” klaar gemaak het en dat Hy nie meer deur hulle bedieninge mense red nie… maar dat Sy oordeel by hulle begin het… en wel ooreenkomstig dit wat Hy in Sy Woord (die Bybel ) verklaar het….
(1Pe 4:17) Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God. En as dit eers by ons begin, wat sal die einde wees van die wat aan die evangelie van God ongehoorsaam is?
Die dag waarvan Paulus in sy brief aan ons asvolg verklaar het, het invervulling gegaan… en wel soos dit asvolg verklaar is..
(2Th 2:3) Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf
(2Th 2:4) die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is.
Die seun van die verderf is niemand anders as Satan wat as engel van die lig verander..
(2Kor 11:14) En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.
en werk hy deur die dienaars van geregtigheid…
(2Kor 11:15) Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
Die christene bevind hulle daarom wereldwyd in presies dieselfde posisie as wat die jode hulself in die tyd van Jesus bevind… Inteendeel dit dien vir ons as ‘n volmaakte voorbeeld van wat in die laaste dae sou gebeur met die kerk en kerkstrukture …?
Dit is skrikwekkend om die hardheid van harte van die moderne skrifgeleerdes en wetsgeleerdes te sien. Presies soos die geval met die kerkleiers van ouds.
Genadiglik het ek op hierdie radiostasie afgekom … ek daarna begin luister… Ek kan God nie meer dank vir die “groot verdrukkinge” in my eie lewe wat my uit radeloosheid daartoe genoop het om die Bybel te begin lees…
Ons het ‘n wonderlike Evangelie wat nou wereldwyd deur die bediening van Family Radio nou bykans die hele wereld bereik… dit terwyl die “kerke en kerkstrukure” met blindheid geslaan is… wat deur God gestuur is en wel soos ook in Sy Woord verklaar..
(2Th 2:11) En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo,
As jy sien hoeveel en vanwaar ons luisteraars se briewe afkomstig is sal jy jou hande saamslaan.
Mag God jou ryklik seen en wel in die woorde van
Num 6:24-26 Die HERE sal jou seën en jou behoed; die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
johannes coetzee
Family Radio luisteraar
hannes vrae // Julie 15, 2007 at 9:40 vm
Dankie vir die vooreg om te deel met julle.
Is LIEFDE(N natuurlike gebore instink,is wat aangeleer kan word,iets wat slegs as jy gee kry jy terug,iets wat af gedwing kan word)