Hoor die afgelope week dat Desmond Tutu beweer dat alle goeie mense hemel toe gaan, ongeag of hulle Jesus Christus dien. Tutu was miskien ‘n goeie “comrade” in die stryd teen apartheid, maar sy insklusiwiteit ten opsigte van die Christelike geloof en wie die ewige lewe beërwe skiet ver tekort wanneer ons dit Bybels evalueer. Het dié ketter nooit die verhaal gelees van die ryk jong man wat Jesus gevra het wat hy moet doen om die ewige lewe te beërwe nie?
Wanneer hierdie man (die ryk jong man) na Jesus aangehardloop kom, vra hy Hom: “Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?’ Jesus konfronteer hom met die vraag: “Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Geen mens se werke, hoe goed ookal, is voldoende om hom ‘n plek in God te teenwoordigheid te verseker nie!
Tutu moet ter wille van sy eie siel begin om met erns sy Bybel te bestudeer. Dit is ‘n groot tragedie dat iemand met soveel edele inbors, so ver van die waarheid afgedwaal het. Nog meer tragies is die feit dat sy boodskap ‘n menigte welmenende, soekende siele saamsleep hel toe.
Tutu (en talle ander Suid-Afrikaanse teoloë), het geen benul waaroor die evangelie gaan nie. Hul hoë publieke profiel verkoop ongelukkig hul dwalings. Tutu se “evangelie” (wat in wese geen “evangelie” is nie, hoe mooi dit ookal mag klink) tas die wese aan van Jesus Christus se versoeningsdood aan die kruis aan. Indien mense met goeie lewens en werke hul eie verlossing kan bewerk, dan maak God se verlossingsplan deur Jesus geen sin nie. Die Bybel leer baie duidelik dat alleen deur Jesus Christus, daar vir die mens versoening met God is.
Tutu se liefde vir sy medemens het baie goeie vrug gelewer in Suid Afrika. Maar wanneer dit kom by die Woord en die Christelike geloof, sal dit baie beter wees as hy hom eerder bemoei met dit wat hy sy hele lank mee besig was, naamlik die politiek. Wees versigtig om sy stories te glo – dit mag jou ‘n ewigheid weg van die aangesig van God kos! En as Tutu onbekeerlik op sy dwaalweg volhard, sal hy ook in die nabye toekoms ontdek dat sy boodskap bloot mooi, maar leë woorde was. Mag God hom bekeringsgenade skenk!
5 responses so far ↓
Johan Swarts // December 25, 2007 at 1:54 vm
ah, ‘n nuwe post.
van meet af moet ek van jou verskil. ek dink jy druk woorde in tutu se mond.
Roer // December 25, 2007 at 3:18 nm
Jy sê “beweer” en jy’s reg. Sy presiese woorde was “Most of us think God is a Christian, but if you think that God is going to tell the Dalai Lama ‘you’re a good person, but sorry you’re not a Christian’ then (I say) rubbish…” Tutu said.
Welkom terug!
Warior-For-Christ // December 26, 2007 at 10:00 nm
Die skrif is baie duidelik dat ons redding slegs deur Jesus Christus moontlik is. Dit skyn dat die voormalige aartsbiskop Tutu die pad iewers byster geraak het. Interessant hoe “versigtig” ander kerklui op Tutu se uitlatings gereageer het – sien artikel in Beeld, 9 Oktober by http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2198903,00.html
Bertus! // December 27, 2007 at 4:08 nm
Dis verskriklik. Dat daar mense kan wees want dink God is lief vir almal. Wat word van die wêreld?
wolliem // Januarie 22, 2008 at 9:37 nm
Jesus sê in Joh. 17 v 9, dat Hy nie vir die wêreld bid nie, maar net vir die, wat God, Hom uit die wêreld gegee het.
Johan, jy mag verskill en jy mag ook kort kom met kennis in die verband. Die antwoorde in die verband, is alles in nie Bybel te lees. Tutu is duidelik op ‘n dwaal spoor, omdat hy mense wil behaag.